JOIN OUR MAILING LIST


By Issie Venter Dramaskool word kinders sowel as volwassenes gevorm en geslyp deur middel van drama.  Issie is 'n professionele aktrise wat passievol is om haar kennis van die verhoog te deel.  Sy is 'n veral bekend vir die skryf van verhoogproduksies, tienertonele, monoloë en gedigte. Van haar werk is gepubliseer in Rymreise. Haar dramastukke is uitdagend vir haarself maar ook vir alle akteurs en aktrises.  

Regie is Issie se sterkpunt en sy palm gereeld pryse daarvoor in.  Haar verskeidenheid produksies getuig daarvan.  Sy het onder andere al baie bewusmakings en "corporate" projekte aangepak waaronder temas soos vigs, dwelms en tienerselfmoord aangespreek is.  Issie Venter is 'n bekende en ervare beoordelaar en word beskryf as een van die Dramageeste in Centurion.

By Issie Venter word mense opgetel ten spyte van wie of wat hulle is en stap uit as 'n selfverversekerde persoon wat weet wie hulle is en waarheen hulle oppad is.

As oud onderwyseres het sy die kundigheid om leerders se probleme te identifiseer en te herstel.  Issie weet hoe om 'n skaam teruggetrokke kind te laat ontpop in iemand wat nie bang is om sy sê te sê nie.  Spraakprobleme word vinnig geÏdentifiseer, en in 'n veilige, gemaklike omgewing herstel. Verder lei sy 'n Drama queen tot "The Queen of Drama".  Issie Venter is self 'n volwaardige "Queen of Drama" en haar werk spreek van vreugde want lag en glimlagte is verseker 'n Issie Venter dramaskool kenmerk!  Vir Issie Venter is te veel van 'n goeie ding FANTASTIES en so pak sy elke taak met oorgawe aan.

Haar liefde vir mense, kinders en die verhoog laat haar gloei!  Sy en die Issie Venter dramaskool loop al jare lank saam. Haar ervaring word gerugsteun deur haar studies. Haar leuse dra sy oor aan elkeen wat haar pad kruis: We are not born to fit in. We are born to stand out!

 



Terug Terug na bo